Tuis Admin Akademie Sport Kultuur Thaba "Magic" Tjokkerskool
  Baie geluk aan Taryn Stander, Gert-Hendrik du Plessis, Milan Stander en Odelia v d Nest wat deurgedring het na die tweede rondte van die ATKV Redenaarskompetisie.  Knap gedaan julle Laerskool Thabazimbi is super trots op julle..
Laerskool Thabazimbi
Redenaars
Baie geluk aan Milan Stander ons graad 1 Redenaartjie wat 10e plek in Limpopo behaal het tydens die  Semi- finale rondte van die ATKV Redenaarskompetisie.  Milan dit is ‘n wonderlike prestasie, Laerskool Thabazimbi is super trots op jou.
Baie geluk aan hierdie pragtige groepie Redenaars wat deurgedring het na die finale rondte van die Artisticulta Redenaarskompetisie wat op 11,12 en 13 Julie by Laerskool Wierdapark plaasvind.  Name van links na regs: Voor:     Bertus Els (Gr 2), Odelia v.d. Nest, Tayla Cross, Milan Stander (almal Gr 1), Duan v d Nest (Gr 3) Middel:  Lialette Minnaar, Jana Kriek (albei Gr 3), Elri Geldenhuys (Gr 6), Taryn Stander, Gert-Hendrik du Plessis (albei Gr 4) Agter:    Ivon Keyser, Nicki Lintvelt, Melanie Robbertse (almal Gr 7), Jarianca du Plessis (Gr 6)
ARTISTICULTA REDENAARS FINAAL Laerskool Thabazimbi is super trots op ons Artisticulta Redenaars.  Hierdie Redenaartjies het 11 - 13 Julie aan die finaal van die Artisticulta Redenaarskompetisie by Laerskool Wierdapark in Pretoria deelgeneem.  Hierdie is ‘n landswye kompetisie en skole uit die volgende Provinsies het aan die finaal deelgeneem:  Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat en die Noordkaap.  Ons Redenaartjies het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt: AGTER:  Melanie Robberts (Gr7 behaal ‘n vierde plek in die onvoorbereide afdeling}, Nickie Lintvelt (Gr 7 behaal ‘n derde plek in die onvoorbereide afdeling}. VOOR:  Milan Stander( Gr 1 behaal ‘n eerste plek in die voorbereide afdeling), Duan v d Nest (Gr 3 behaal ‘n tweede plek in die voorbereide afdeling), Odelia v d Nest (Gr 1  behaal ‘n tweede plek in die voorbereide afdeling.)  Baie dankie aan  ons afrigters me Retha Grobler en me Melinda Doubell vir julle harde werk en toewyding.