Die tjokkerskool bestaan uit vier Afrikaanse en een Engelse Gr. R klas. Daar is ongeveer 30 leerders in elke klas. Ons is deel van die Laerskool se grondslagfase. Gr. R leerders leer die skool en hul onderwysers goed ken en is maklik tuis in die “groot” skool. Die vyf toegewyde onderwyseresse is ten volle gekwalifiseerd.Ons Gr. R leerlinge is volledig deel van Laerskool Thabazimbi in aktiwiteite soos rekenaarklas, atletiek, Eisteddfod, skaak, kaskarpret en fondsinsamelingsprojekte.Die dogtertjies word netbal- en hokkievaardigehede aangeleer. Ons rugbymanne speelbulletjie-rugby wat deur die pappas afgerig word.
Ons klasse is goed toegerus en opvoedkundige apparaat word jaarliks aangevul. Die boomryke speelterrein met verskeie klimrame,sandput en waterspel verskaf sorgvrye speelgenot.Skoolure:07:15 - 12:45Skoolfonds:R14 500.00 per leerling per jaar betaalbaar in 10 paaiemente.