Tuis Admin Akademie Sport Kultuur Thaba "Magic" Tjokkerskool
Laerskool Thabazimbi
Hokkie - Toere 2015
Camp Discovery Tydens die Junie vakansie die Eerste-, Tweede- en 0/11 span die kliniek bygewoon te Camp Discovery. Die kliniek is aangebied deur Shaun Hulley en sy span afrigters. Internasionale Speler van Nederland (Neels) het deel uitgemaak van sy afrigters. Camp Disvovery poog elke jaar om die kliniek op ‘n nuwe en vars wyse aan te bied. Daar word baie nuwe vaardighede aangeleer en afrigters kry die geleentheid om hulle spanne te finaliseer. Wat uniek is aan die kliniek is dat spanne tydens wedstryde deur professionele afrigters bekyk word, gestop word en geleer word. Ons hokkie bokkies geniet hierdie kliniek vreeslik baie!!! Dit is van onskatbare waarde voor ons liga seisoen begin.