Tuis Admin Akademie Sport Kultuur Thaba "Magic" Tjokkerskool
Klou vir lewe en dood RUGBYKLERE OORHANDIGINGSFUNKSIE Op Donderdag, 19 Maart 2015  het Laerskool Thabazimbi ‘n klere-oorhandigingsfunksie vir die skool se rugbyspanne gehou. Tydens die seremonie is die seuns aan al die ouers bekend gestel en het elke seun die geleentheid gehad om sy toerklere op die verhoog te ontvang. Elke span se borge vir die jaar is ook hartlik bedank tydens die seremonie. Die hoogtepunt van die aand was ongetwyfeld toe die seuns die seremonie afgesluit het deur die skoollied uit volle bors te sing! Baie dankie aan al  die Borge. Eerstes •  Eerstes 0/9 Spannetjie saam met hulle afrigters mnr Attie  Louw (links) en mnr Michael Karemaker (regs 0/10 Spannetjie met hulle afrigters mnr Kerneels Viljoen (links voor) en mnr Ross Jordaan (regs agter) 0/11 Spannetjie met hulle afrigters mnr Bernie Liebenberg (links) en mnr Pieter Hinsbeeck (regs) 2016 Inligting  
Laerskool Thabazimbi
Rugby - Toere  2015
Eerstes Sportweni
Die manne in aksie
0/11 Spannetjie
lekker by die see
Yes!!!
Wel gedaan manne
Super 8 Rugby en Nebalkompetisie - Wenskool!! Baie geluk aan elke afrigter, deelnemer en ouer! Ons is trots op julle!!!
Laerskool Thabazimbi het die naweek van 24 en 25 April deelgeneem aan die Super 8 Rugby en Netbaltoernooi wat plaasgevind het in Polokwane en aangebied is deur Laerskool Pietersburg-Noord.   Die volgende skole het deelgeneem: •Laerskool Pietersburg-Noord			vanaf Pietersburg •Laerskool Phalaborwa				vanaf Phalaborwa •Laerskool Krugerpark				vanaf Potgietersrus •Laerskool Bosveld				vanaf Ellisras •Lerskool Bergland				vanaf Nelspruit •Laerskool Louis Trichardt			vanaf Louis Trichardt •Laerskool Lydenburg 				vanaf Lydenburg •Laerskool Thabazimbi •Laerskool Thabazimbi word vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wenskool van die Super 8 aangewys.
0/11: Naaswenners Eerstes: Naaswenners
0/9:  Wenners 0/10: Wenners
Borge skenk Telbord Die B Rugbyveld spog met ‘n splinternuwe telbord danksy 2 van ons ouers wat die telbord geborg het.  Mnr Henk Brits van Paint Net en Mnr Jacques Blaauw van TOTAL. ‘n Groot dankie aan die twee borge!!!! 
Drie 0/11 Spelertjies gekies om in Ierland te gaan Rugby speel H.J. Janse van Rensburg, Jaco Momberg en Tristan Brits. Baie geluk!!!!